Taalarsenaal

Foto's

Suksesvolle skrywerstoer en werkswinkels in die Oos-Kaap

Henk Viljoen van NB-Uitgewers het onlangs 'n baie suksesvolle skrywerstoer in die Oos-Kaap onderneem.  Elizabeth Wasserman, skrywer van o.a. die Speurhond en Anna Atoom-reekse (heel links), Derick van der Walt (Lien se Lankstaanskoene, Willem Poprok, Hoopvol) (2de van links) en Francois Bloemhof, (o.a. Pad na jou Hart, Grillers-reeks) (4de van links) het interessante inligting oor hul veelbekroonde boeke gedeel, terwyl Henk Viljoen en Roche Kester werkswinkels vir onderwysers aangebied het.  Hulle het Oos-Londen, Cradock, Graaff-Reinet, Uitenhage en Port Elizabeth besoek. (Foto: Pieter Rademeyer) 

Die Kwart-voor-sewe-lelie blom steeds

NB Uitgewers toer met Fanie Viljoen in Oos-Kaap

Framesby, Port Elizabeth

HTS Newton, PE

Strelitzia, Uitenhage

Nico Malan, Humansdorp

Humansdorp SS

Krismis van Map Jacobs opgevoer op Graaff-Reinet en Willowmore

Cape Heart Community and Educational Theatre Company van Kaapstad het in Mei vir die eerste keer die Oos-Kaap besoek met hul verwerking van Adam Small se "Krismis van Map Jacobs".  350 Matrieks het die opvoering op Graaff-Reinet gesien en ongeveer 100 op Willowmore.  Die groep bestaan uit, v.l.n.r:  Gerswin Cloete, Leandi Zimri, Janine Louw, Emile Smit, Andre Samuels (leier) en Shelton Cottee.

Werkswinkels oor nuwe letterkunde vir Graad 10 HT en EAT 

NB Uitgewers het vanaf 11-13 September 2017, werkswinkels gehou op Grahamstad, Graaff-Reinet en Port Elizabeth.  Die nuwe voorgeskrewe boeke vir Graad 10 HT en EAT is bespreek en elke onderwyser het 'n kopie van die splinternuwe AWS ontvang!

Bo: Graaff-Reinet-onderwysers

Bo: Port Elizabeth onderwysers

Fanie Viljoen, skrywer van "Onderwereld" by Global Leadership Academy in Jeffreysbaai saam met leerders en onderwyser. 

Andre Stolz Produksies se opvoering van "Onderwereld" op Graaff-Reinet in 2018.

Make a free website with Yola